Vonnie: Inleidende Leesprogram

Gr 1 tot 3 en selfs Gr 4

VONNIE INLEIDENDE LEESPROGRAM

Hierdie inleidende Spel- en Leesprogram begelei die graad 1 tot 3 leerder visueel-kognitief om te konsentreer op die opeenvolgende stand van letters, asook die artikulasie van vokale en konsonante ten einde die gewensde potensiële flitsspoed te bemeester, wat die leerder stapsgewys begelei na meer effektiewe en doeltreffende leesspoed, wat noodwendig bydra tot beter begrip en interpretasie van ‘n gelese teks.

Graad 1 tot 3 leerders wat hierdie program suksesvol deurloop het, toon ‘n beduidende hoër standaard ten opsigte van leesspoed, begrip, interpretasie, response en algemene akademiese prestasie, ook in die later fases van hul skoolloopbaan.

Hierdie permanente vaslegging op ‘n vroeë ouderdom, dra noodwendig ruim by tot neuro-kognitiewe prosesse van die lees- en leerprosesse in graad 4 tot 12 en veral op tersiêre vlak waartydens onafhanklike selfstudie en navorsing vereis word.

Die moderne klemverskuiwing van die leesaktiwiteit as primêre inligtingsbron, na oudiovisuele inigtingsbronne, het noodwendig ‘n destuktiewe verandering in die nuwe generasie se breinontwikkeling en breinpatrone tot gevolg, aangesien inligting nie toereikend verwerk word nie.  Hierdie kitsinligtingsindroom het “breinvervlakking” tot gevolg en krities analitiese neuro aktiwiteite, word derhalwe elimineer.

Die ouer / onderwyser / terapeut / fasiliteerder wat die leerder begelei tydens die verloop van die program VONNIE-INLEIDEND, word sterk aanbeveel om die klank-metodiek van woorde verbaal hoorbaar te hanteer.  Dit bied ‘n komponent van selfvertroue aan die jong leerder en omdat beide visuele en ouditiewe sintuie gebruik word, geskied die spel- en leesaktiwiteit beduidend effektief.

BELANGRIK: VONNIE INLEIDEND is ‘n rekenaar program wat slegs op ‘n Persoonlike Rekenaar /  Skoot Rekenaar met WINDOWS Sagteware kan werk.

SPESIALE AANBIEDING TOT EINDE FEBRUARIE 2026 – INLEIDENDE LEESPROGRAM TEEN SLEGS R 190!

Kliek op die prentjie om die Spelflits en Leesprogram af te laai. Die Spelflits en Leesprogram sal vir 10 dae as 'n "DEMO" werk waarna u dan kan besluit om dit te koop en te registreer.

Vonnie Inleidend

Die Vonnie Inleidende Leesprogram sagteware is geskryf om op MS Windows te werk, en kan nou aanlyn gekoop word teen R 190 tot einde FEB 2026!. Volg die "KOOP NOU" skakel om te koop.

Algemene Wenke insake VONNIE INLEIDEND

VONNIE-INLEIDEND behels eerstens DRIE-LETTER-WOORDE gerig op graad 1 vanaf die tweede kwartaal.

Graad 2 tot 4 leerders wat ’n agterstand in graad 1 getoon het, betreffende lees, sal beslis ook hierby baat vind.

Dit is van uiterste belang dat graad 1 leerders die SPELFLITS as volg sal hanteer:

Leerders MOET poog om drie-letter woorde hardop te lees, nadat hulle dit korrek geklank het.

Die leerder sal stelselmatig vertroud raak met die letters van die alfabet en sodoende sal die leerder dit nie meer nodig ag om te klank nie.  Indien hy/sy egter by ‘n langer en moeiliker woord huiwer, mag die woord weer geklank word.

Die leerder moet onthou dat hy/sy teen tyd werk. Die tydsindikasie is juis verstelbaar vir die ouer / onderwyser / terapeut / fasiliteerder.  Maak ALTYD seker hierdie program is vir die leerder ’n uitdaging – dus indien hy/sy met gemak teen ’n sekere spoed lees, verstel ALTYD na die spoed wat net vinniger is.

Hierdie program se tydsindikasie MOET derhalwe ALTYD so gestel wees dat die leerder GEDWING word om vinniger te lees as wat hy/sy gemaklik kan lees. Dit ontwikkel juis die LEESSPOED op hierdie wyse.  Indien hierdie afdeling soos bo vermeld hanteer word, sal u verbaas wees oor die leerder se resultate en tempo wat letterlik weekliks verbeter.

 

Shopping Basket