Meer Inligting en Algemene Wenke

Algemene Wenke insake VONNIE INLEIDEND

VONNIE-INLEIDEND LEESPROGRAM behels eerstens DRIE-LETTER-WOORDE gerig op graad 1 vanaf die tweede kwartaal.
Graad 2 tot 4 leerders wat ’n agterstand in graad 1 getoon het, betreffende lees, sal beslis ook hierby baat vind.

Dit is van uiterste belang dat graad 1 leerders die SPELFLITS as volg sal hanteer:

Leerders MOET poog om drie-letter woorde hardop te lees, nadat hulle dit korrek geklank het.
Die leerder sal stelselmatig vertroud raak met die letters van die alfabet en sodoende sal die leerder dit nie meer nodig ag om te klank nie. Indien hy/sy egter by ‘n langer en moeiliker woord huiwer, mag die woord weer geklank word.

Die leerder moet onthou dat hy/sy teen tyd werk. Die tydsindikasie is juis verstelbaar vir die ouer / onderwyser / terapeut / fasiliteerder. Maak ALTYD seker hierdie program is vir die leerder ’n uitdaging – dus indien hy/sy met gemak teen ’n sekere spoed lees, verstel ALTYD na die spoed wat net vinniger is.

Hierdie program se tydsindikasie MOET derhalwe ALTYD so gestel wees dat die leerder GEDWING word om vinniger te lees as wat hy/sy gemaklik kan lees. Dit ontwikkel juis die LEESSPOED op hierdie wyse. Indien hierdie afdeling soos bo vermeld hanteer word, sal u verbaas wees oor die leerder se resultate en tempo wat letterlik weekliks verbeter.

Ontwikkelaar van die Program

Dr Emelde von Caues

Dr. Emelde von Caues het haar laerskoolloopbaan te Hangklip Laerskool, Queenstown in die Oos-Kaap voltooi, waarna sy na Oranje Hoër Meisieskool in Bloemfontein gegaan het en ook hier gematrikuleer het.

Daarna het sy in die Opvoedkunde en Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en in beide rigtings nagraadse studies voltooi.
As jong student het sy haar passie vir kinders uitgeleef tydens haar eerste onderwysaanstelling in die Diamantstad in die Noord-Kaap. Na vyf jaar van sekondêre onderwys het sy ‘n lektorspos te Bloemfontein aanvaar, waar sy ook spoedig aan ‘n privaat opvoedkunde praktyk begin werk het.

Gedurende die begin van 1999 word sy stigter van die MULTI-DISSIPLINêRE SPAN vir LEERPROBLEME te BLOEMFONTEIN MEDI-CLINIC, waar sy saam met 12 ander spesialiste, leerders en ouers in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes bedien het.

Sy tree op as aanbieder van seminare vir onderwysers insake REMEDIëRENDE HULP & ONTWIKKELING, sowel as STUDIE TEGNIEKE & METODES, by verskeie skole in die Vrystaat en Noord-Kaap en is steeds beskikbaar, indien daar so ‘n behoefte by skole sou wees.

Haar beroepsparadigma figureer vanuit ‘n Christelike Religieuse beskouing.

Shopping Basket