STUDIE ONTWIKKELING & REMEDIËRENDE HULPDIENS

sedert 1999!
Saamgestel om leerders te help om beter te presteer

Doelgerig

Volhoubaar

Beproef

Hartlik Welkom!

Die korttermyn doelwit van Vonnie-inleidend is om graad 1, 2 en 3 se spel, lees en leesspoed EFFEKTIEF en OPTIMAAL vas te lê, sodat graad 4 se leerwerk, makliker en vinniger hanteer kan word.

Indien die leerder ‘n lees agterstand in graad 4 toon, sal hierdie program steeds beduidende resultate tot gevolg hê, meet betrekking tot hierdie leerder se spel- en leesontwikkeling.

Die langtermyn doelwit van VONNIE-INLEIDEND is om ‘n liefde vir lees by die jong LEERDER te vestig en die blywende resultaat hiervan is sigbaar reg deur die LEERDER se skoolloopbaan en daarna tydens sy/haar tersiêre fase!

Aan alle LEERDERS wat nie die geleentheid gehad het om by ons praktyk in te skakel nie, bied ons nou die STUDIE ONTWIKKELING & REMEDIëRENDE HULPDIENS aanlyn.

Sedert 1999 was die STUDIE ONTWIKKELING & REMEDIëRENDE HULPDIENS deel van die OPVOEDKUNDIGE MULTI-DISSIPLINêRE SPAN te BLOEMFONTEIN, wat uit 12 spesialiste bestaan het: Arbeidsterapeut, Spraakterapeut, Opvoedkundige Sielkundige, Optometris, Oudioloog, Spelterapeut, Neuroloog, Lewenstyl Konsultant, Dieetkundige, Oor- Neus en Keel spesialis, Pediater en Opvoedkundige.
Dit is met die inisiatief van Dr. Emelde von Caues (Opvoedkundige) wat hierdie span die lig gesien het en leerders in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes bedien het.

Tans is die ouer en onderwyser se uitdaging groter as ooit: midde ons tegnologiese vooruitgang en huidige Covid krisis, word onderrig toenemend audiovisueel en die visuele leesaktiwiteit ly noodwendig skade, wat verreikende gevolge op breinontwikkeling het en sodoende akademiese navorsing destruktief kan beïnvloed.

Die VONNIE INLEIDENDE program bied die jong leerder opnuut (ook gedurende hierdie tyd van Covid 19) die geleentheid en uitdaging om klank-, spel-, lees- en leerontwikkeling optimaal te ontwikkel en u word hartlik uitgenooi om met Dr. Von Caues ( abc@drvonnie.co.za ) in verbinding te tree, sou u enige Opvoedkundig verwante vrae hê.

Die Vonnie-Ontwikkelingsprogram is ‘n heelbreinbenadering wat fokus op die jong leerder se optimale kognitiewe ontwikkeling en akademiese selfvertroue en is deur dr. Emelde von Caues saamgestel vir leerders:

Kortliks 'n video oor die spelflits program

Shopping Basket