Hoe Moet Ek Leer ?
Gr 4 tot 12 en Studente
'n Holistiese Leerperspektief op Leesbegrip, Konsentrasie en Geheue.
HOE MOET EK LEER? Is ‘n holistiese weergawe van Studie Metodes en Tegnieke, gerig op graad 4 tot 12, wat leerders begelei na praktiese en effektiewe instudering van leerinhoud, en wat ten doel het om hulle punte op hul skoolrapporte te verbeter.
Leerders wat probleme ervaar met leervaardighede, vind beduidende baat by hierdie handleiding / werkboek en dvd-uitreksels.
Hoe vroeër ‘n leerder daarin kan slaag om die korrekte studie tegnieke vas te lê, hoe makliker ervaar hy/sy die leeraktiwiteit.
Die leerder ervaar ook beheer oor sy/haar uitkomste en weet hoe om daarin te slaag om hul punte te verbeter.
Dit is egter van kardinale belang dat ‘n leerder se leesvaardighede optimaal ontwikkel sal wees, ten einde lees-met-begrip moontlik te maak en sodoende leerinhoud te begryp en korrek weer te gee.
Indien graad 1 tot 3 leerders hul leesaktiwiteit wil verbeter, word die leesprogram VONNIE INLEIDEND aanbeveel – selfs ‘n graad 4-leerder wie se lees agterstande toon, behoort ook baat te vind by hierdie program.
Om te leer of studeer is ‘n vaardigheid wat, indien dit vroegtydig bemeester word, die lewe makliker, méér georganiseerd, méér sinvol en gestruktueerd vir elkeen maak. En indien dit reeds vroeg op skoolvlak bemeester word, bied dit beslis méér geleentheid vir sport, kultuur en persoonlike ontwikkeling.
HOE MOET EK LEER? is ‘n handleiding / werkboek van 30 hoofstukke en word digitaal aangebied as ‘n e-boek, maar is ook in harde kopie beskikbaar, sou leerders eerder van só ‘n weergawe gebruik wou maak.
GRATIS INHOUD
Die inhoudsopgawe en eerste drie hoofstukke van die e-boek is gratis beskikbaar! Om dit af te laai vul asb hierdie volgende vorm in:
Dr Emelde von Caues
Dr. Emelde von Caues het haar laerskoolloopbaan te Hangklip Laerskool, Queenstown in die Oos-Kaap voltooi, waarna sy na Oranje Hoër Meisieskool in Bloemfontein gegaan het en ook hier gematrikuleer het.
Daarna het sy in die Opvoedkunde en Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en in beide rigtings nagraadse studies voltooi.
As jong student het sy haar passie vir kinders uitgeleef tydens haar eerste onderwysaanstelling in die Diamantstad in die Noord-Kaap. Na vyf jaar van sekondêre onderwys het sy ‘n lektorspos te Bloemfontein aanvaar, waar sy ook spoedig aan ‘n privaat opvoedkunde praktyk begin werk het.
Gedurende die begin van 1999 word sy stigter van die MULTI-DISSIPLINêRE SPAN vir LEERPROBLEME te BLOEMFONTEIN MEDI-CLINIC, waar sy saam met 12 ander spesialiste, leerders en ouers in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes bedien het.
Sy tree op as aanbieder van seminare vir onderwysers insake REMEDIëRENDE HULP & ONTWIKKELING, sowel as STUDIE TEGNIEKE & METODES, by verskeie skole in die Vrystaat en Noord-Kaap en is steeds beskikbaar, indien daar so ‘n behoefte by skole sou wees.
Haar beroepsparadigma figureer vanuit ‘n Christelike Religieuse beskouing.
